
About this sermon
Jare gelede, toe ons kinders nog klein was, is ons êrens heen op pad. Die pad was lank, die kinders raak verveeld, en begin stry met mekaar oor iets onbenullig. Ek doen wat ek dink my vaderlike plig is. Ek begin ‘n lesing oor hoe onaanvaarbaar hulle gedrag is. En wat ek van hulle verwag. En toe gebeur die totaal onaanvaarbare. Ek hoor kliphard van agter af: “Bla! Bla! Bla!” In die middel van ‘n sin raak my woorde op. Ons het geen disrespek toegelaat van ons kinders nie. En toe sien ek dit, ‘n massiewe vertoonbord langs die pad met ‘n advertensie vir ‘n selfoonmaatskappy met die woorde, “Bla! Bla! Bla!” groot daarop geskryf. Wat my dogter dáár gelees het, het alles oorheers wat ek besig was om te sê! Wat sy gesien het, was op daardie oomblik belangriker as wat sy verkeerd gedoen het. Wat sy gesien het, was belangriker as wat ek daarvan gedink het. En dìt, sê Paulus, is wat met die Galasiërs gebeur het toe hulle die evangelie die eerste keer gehoor het. Niks anders het saak gemaak nie. Die kruisdood van Jesus Christus en die redding wat Hy bewerk het aan die kruis, oortref by verre enigiets wat hul afgodstempels kon aanbied. Die boodskap van God se genade is soveel beter as waaroor die filosowe praat. Die boodskap van die kruis in uniek. Die kruisdood van Christus is voldoende.
Maar iets onverklaarbaar het gebeur. Joodse gelowiges het daar aangekom nadat Paulus weg is en ‘n ander evangelie kom verkondig, ‘n valse evangelie, die boodskap dat wat Jesus Christus aan die kruis bewerk het, is nie genoeg nie. Hulle leer die Galasiërs hulle moet die wet onderhou, al die gebooie van die Ou Testament. Hulle moet besny word. Hulle moet sorgvuldig hou by die gebruike wat die Jode so sorgvuldig nakom.
Galasiërs 3:1 O, onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?
Wat met die Galasiërs gebeur het, gebeur vandag nog. Ek praat meer hieroor in ny preek DIE KRUIS IS GENOEG!
More from Hoop Nogtans

JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Nov 16, 2026 · 33m
Psalm 46 – JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIEOns was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor – of jy reël hoe jy dit gaan...

STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE! (Kol. 4:10) ep. 2637
Nov 9, 2026 · 33m
STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE!“Chuck” Colson iemand wat vinnig opgang gemaak in die Amerikaanse politiek totdat hy een van die magtigste mense in Washington geword het. In 1969...

SPEEL KLAAR MET KOMMER - DIE ENIGSTE EFFEKTIEWE MANIER (Kol. 4:12-13) ep. 2636
Nov 5, 2026 · 25m
Ons assosieer die naam Mark Twain met stories soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn. Mark Twain was ‘n gewilde spreker en het wêreldwyd gereis. ‘n Groep van sy bewonderaars wou hom graag met sy...

AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
Oct 12, 2026 · 44m
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEKIn haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China....

LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Oct 4, 2026 · 39m
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their...

GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Oct 4, 2026 · 26m
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy...
Take these sermons with you.
Follow Hoop Nogtans in the Getsermons app to get every new sermon, build playlists, and pick up right where you left off.