
About this sermon
In 1973 word die liedjie “Tie a yellow ribbon round the ole oak tree” vrygestel. Die liedjieskrywers vertel van ‘n man wat na drie jaar in die tronk vrygelaat word. Hy skryf ‘n brief aan sy beminde. Hy is nie seker of sy hom terug gaan verwelkom nie. Hy skryf hy gaan die bus neem en by haar huis verby ry. As sy hom nog wil hê, moet sy ‘n geel strik om die ou akkerboom bind. Dit sal vir hom die teken wees dat hy welkom is. Maar as sy intussen vir iemand anders lief geraak het, sal hy verstaan en net verby ry.
If I don’t see a ribbon round the ole oak tree
I’ll stay on the bus, forget about us, put the blame on me
Wat hy sien, oortref sy verwagting. Daar is 100 geel strikke om die ou akkerboom. Hy kan die boodskap nie mis nie. Hy is so welkom terug!
Die evangelie van God se genade sê vir jou: Jy is welkom! God verwelkom jou! Ongeag wat gebeur het.
Wat die evangelie van God se genade nie vir jou sê nie, is die volgende: Jy is welkom, maar oppas! Ek hou jou dop! Jy is op dun ys.
Dink jy die man in die liedjie het elke oggend gaan kyk of daar ‘n geel strik is om te sê hy is welkom? Net om seker te maak hy is goed genoeg?
Nou hoekom dink ons ons moet God se genade bly verdien, nadat Hy dit reeds aan ons geskenk het omdat ons dit nooit kon verdien het nie? Ons redding is 100 persent gebaseer op die genade van God. Daar is nie ruimte vir ‘n fraksie van selfs een persent van ‘ek moet dit verdien’ nie. Enigiets wat klink na “Christus Plus Nog Iets” is ‘n verdraaide evangelie. Dis ‘n vervalsing van die ware evangelie, ‘n bedreiging vir ons geloofsekerheid, en ‘n belemmering vir hulle geestelike groei.
Die apostel Paulus skryf aan die Galasiërs en wat hy sê, wys duidelik hoe ernstig hierdie Christus Plus Nog Iets is. Hierdie verdraaide evangelie is net so tuis in die kerk vandag as wat dit vir die Galasiërs. En baie mense besef nie hulle is vasgevang in ‘n valse leer nie.
More from Hoop Nogtans

JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Nov 16, 2026 · 33m
Psalm 46 – JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIEOns was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor – of jy reël hoe jy dit gaan...

STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE! (Kol. 4:10) ep. 2637
Nov 9, 2026 · 33m
STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE!“Chuck” Colson iemand wat vinnig opgang gemaak in die Amerikaanse politiek totdat hy een van die magtigste mense in Washington geword het. In 1969...

SPEEL KLAAR MET KOMMER - DIE ENIGSTE EFFEKTIEWE MANIER (Kol. 4:12-13) ep. 2636
Nov 5, 2026 · 25m
Ons assosieer die naam Mark Twain met stories soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn. Mark Twain was ‘n gewilde spreker en het wêreldwyd gereis. ‘n Groep van sy bewonderaars wou hom graag met sy...

AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
Oct 12, 2026 · 44m
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEKIn haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China....

LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Oct 4, 2026 · 39m
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their...

GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Oct 4, 2026 · 26m
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy...
Take these sermons with you.
Follow Hoop Nogtans in the Getsermons app to get every new sermon, build playlists, and pick up right where you left off.