
Hoop Nogtans
Ons het ‘n Redder nodig
Jun 1, 2026 · 19m
Prefer sermons downloaded automatically?
About this sermon
Ek staan ‘n paar jaar gelede voor City Hall in San Francisco. Dit laat my dink aan die Uniegebou in Pretoria. Die belangrikste regeringskantore in San Francisco is in hierdie imposante gebou. In 1989 word die gebou deur ‘n aardbewing beskadig, en ‘n projek word geloods om die gebou te beveilig teen aardbewings in die toekoms. Dit het behels dat hulle die bestaande fondasie moes versterk, maar hoe doen mens dit met ‘n massiewe gebou soos City Hall. Wat hulle moes doen om die gebou te beveilig, was om ‘n uitgebreide stelsel van rubber-en-staal isoleerders te installeer onder die bestaande gebou, wat die skokgolwe van ‘n aardbewing kan absorbeer en sodoende skade aan die gebou sou beperk. Dit beteken die hele fondasie is oorgedoen. In San Francisco weet hulle hoe belangrik ‘n goeie fondasie is, en geen koste word ontsien om ‘n goeie fondasie vir City Hall te verseker nie.
Die belangrikheid van ‘n gebou se fondasie kan seker nie oorbeklemtoon word nie.
Hoe lyk die fondasie waarop jou kind se lewe gebou is of gebou word? Wat is vir jou kind die belangrikste waardes vir hulle lewe?
Die storie van Sisera, opgeteken in Rigters 5, illustreer baie treffend wat gebeur as die verkeerde waardes ingebou is in ‘n kind se hart – deur sy ma, in hierdie storie. Die volk van die Here word vir 20 jaar wreed onderdruk deur ‘n Kanaanitiese koning met die naam Jabin. Sy weermaghoof was ‘n man met die naam Sisera, ‘n sadistiese vyand van Israel. Hy het God se volk genadeloos laat swaar kry. Die Israeliete staan op teen Jabin onder leiding van Debora, ‘n profetes. Sisera se leër word verpletter. Sisera self vlug te voet en kom by die tent van Jael. Sy was ‘n Keniet, ‘n groep mense in Kanaan wat Israel goedgesind was. Sy nooi hom in haar tent, gee hom iets te drinke, en laat hom slaap. Sisera dink hy’s veilig, maar Jael neem ‘n tentpen en slaan dit deur sy slaap tot in die grond. ‘n Wrede dood vir ‘n baie wrede man. Debora, die profetes, gee perspektief op wat gebeur het in haar loflied, opgeteken in Rigters 5:22-30.
More from Hoop Nogtans

JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Nov 16, 2026 · 33m
Psalm 46 – JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIEOns was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor – of jy reël hoe jy dit gaan...

STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE! (Kol. 4:10) ep. 2637
Nov 9, 2026 · 33m
STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE!“Chuck” Colson iemand wat vinnig opgang gemaak in die Amerikaanse politiek totdat hy een van die magtigste mense in Washington geword het. In 1969...

SPEEL KLAAR MET KOMMER - DIE ENIGSTE EFFEKTIEWE MANIER (Kol. 4:12-13) ep. 2636
Nov 5, 2026 · 25m
Ons assosieer die naam Mark Twain met stories soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn. Mark Twain was ‘n gewilde spreker en het wêreldwyd gereis. ‘n Groep van sy bewonderaars wou hom graag met sy...

AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
Oct 12, 2026 · 44m
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEKIn haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China....

LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Oct 4, 2026 · 39m
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their...

GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Oct 4, 2026 · 26m
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy...
Take these sermons with you.
Follow Hoop Nogtans in the Getsermons app to get every new sermon, build playlists, and pick up right where you left off.