
About this sermon
Ek vrees dat ek tevergeefs aan julle gearbei het
(Galasiërs 3:24–4:11). Ek onthou, toe ons nog in Nieu-Seeland gewoon het, hoe die hele land ‘n paar keer aangegryp is deur die massa-stranding van loodswalvisse. Daar is met tye, om een of ander nog onverklaarbare rede, ‘n skynbare vasberadenheid by hulle om op die strand uit te spoel, dikwels in groot getalle. Vrywilligers stroom gewoonlik toe om te help om hierdie imposante diere weer terug te help diep-see toe. Totdat die gety reg is, word die walvisse natgegooi; hulle word deur omstanders getroos, en die walvisse se lot word die fokuspunt van media-belangstelling. Dan, as omstandighede gunstig is, word die walvisse teruggelei na waar hulle hoort. Die tragedie is egter wanneer hierdie diere weer terugdraai strand toe, asof hul gedryf word. Dis dan wanneer hartroerende tonele op die strand afspeel, wanneer die vrywilligers wat soveel ure en met soveel sorg hard probeer het om hulle te red, moet sien dat hul pogings tevergeefs was.
Dis seker iets hiervan wat die apostel Paulus beleef wanneer hy aan die gelowiges in Galasië dink. Hy het hulle met soveel sorg bedien; hulle het pragtig tot bekering gekom, en Jesus Christus as Verlosser aanvaar. Hulle redding was uit genade, en hulle was so dankbaar teenoor God daarvoor. Húlle aandeel was om te glo; God het die res gedoen. Dis eers later wat daar Joodse gelowiges bykom wat daarop aandring dat hulle geloof onvolledig is. Om God regtig te behaag, het hierdie mense geleer, moet hulle nog iets doen. Hulle moet óók die Joodse wette onderhou. En so leer die Galasiërs hulle moet besny word. Hulle moet die 10 gebooie hou. Hulle moet die res van die honderde wette in die Ou Testament hou – sabbatte, heilige feesdae, reëls oor wat hulle mag eet en wat nie, en lang lyste van moets en moenies. Dán eers is God tevrede met hulle.
Paulus se mening oor al hierdie dinge is duidelik: “Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het” (Gal. 4:11). Paulus se woorde is meer relevant vir die kerk vandag as wat ons op die oog af besef.
More from Hoop Nogtans

JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Nov 16, 2026 · 33m
Psalm 46 – JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIEOns was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor – of jy reël hoe jy dit gaan...

STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE! (Kol. 4:10) ep. 2637
Nov 9, 2026 · 33m
STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE!“Chuck” Colson iemand wat vinnig opgang gemaak in die Amerikaanse politiek totdat hy een van die magtigste mense in Washington geword het. In 1969...

SPEEL KLAAR MET KOMMER - DIE ENIGSTE EFFEKTIEWE MANIER (Kol. 4:12-13) ep. 2636
Nov 5, 2026 · 25m
Ons assosieer die naam Mark Twain met stories soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn. Mark Twain was ‘n gewilde spreker en het wêreldwyd gereis. ‘n Groep van sy bewonderaars wou hom graag met sy...

AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
Oct 12, 2026 · 44m
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEKIn haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China....

LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Oct 4, 2026 · 39m
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their...

GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Oct 4, 2026 · 26m
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy...
Take these sermons with you.
Follow Hoop Nogtans in the Getsermons app to get every new sermon, build playlists, and pick up right where you left off.