
About this sermon
n Plasing op Facebook ‘n paar dae gelede trek my aandag. ‘n Amerikaanse soldaat is aan die woord, een wat onlangs in Israel diens gedoen het. Hy praat oor ‘n Bybelse drankie wat net twee bestanddele het en wat Alzheimer se siekte voorkom. Hierdie drankie is so effektief, dat daar vandag geen geval is in Israel van Alzheimer se siekte nie, sê hy, want hulle volg steeds hierdie resep. Nou luister ek, hulle het my aandag, want ek lees die Bybel vir langer as 60 jaar en ek het nog nooit hiervan gelees nie. Buitendien, die storie oor geen Alzheimer se siekte in Israel vandag kan nie waar wees nie. Vir die rekord, volgens ‘n publikasie van die Israeli Departement van Gesondheid op 20/11/2025 was daar 120 000 gevalle van dementia in Israel in 2018. Maar ek wil weet wat die Bybel hieroor sê, so ek luister verder. Ek luister verniet, daar is nie ‘n woord hieroor verder nie.
Dan is Bill Gates aan die woord. Hy het baie geld beskikbaar gestel uit sy eie fondse vir navorsing oor Alzeimer se siekte. Dit is die waarheid. Dit lyk soos Bill Gates. Dit klink soos Bill Gates. Maar iets is verkeerd. Geen mens praat so afgerond, sit so stil vir ‘n lang ruk terwyl hy praat nie. Dis ‘n gekloonde weergawe van Bill Gates.
‘n Wetenskaplike begin praat oor sy navorsing. Sy bevinding word onderdruk deur Big Pharma, die groot name agter die farmaseutiese bedryf. Hy het bevind daar is twee bestanddele wat Alzheimer se siekte kan voorkom. Heuning en kakao. Kakao word definitief nie in die Bybel genoem nie. Kakao is verbou in Suid-Amerika van die vroegste tye, en eers in 1519 deur die Spanjaarde na Europa gebring. Hier het ek ophou luister na die twak wat verkondig word. Ek weet wat nou volg. Die produk om Alzheimer te voorkom wat hulle bemark. Maar hoe kan mens hulle vertrou as hulle hele bemarking op bedrog gebou is. Soveel leuens. Soveel valsheid.
Dit maak my kwaad. Hier is mense wat nie skroom om die Bybel te misbruik om mense se aandag te kry nie. Daar is niks in die Bybel hieroor nie. Hier is mense wat Bill Gates se beeld en stem gebruik maar dis nie hy wat aan die woord is nie. Mense wat liggelowig of onkundig is, word mislei om iets te koop wat nie Alzheimer voorkom nie. Mense wat desperaat is, miskien. Die kans is goed dat mense wat dit die minste kan bekostig, die duur produk gaan koop – ‘n waardelose produk. Wat my nog kwater maak, is dat Facebook dit toelaat. Hierdie soort ding word gedryf deur mense wie se harte so vol hebsug is dat hulle nie skroom om deur misleiding hulself te verryk nie. Dis niks nuut nie, net die metode is nuut want die tegnologie is vandag beskikbaar om mense so maklik te mislei.
In Numeri 22 maak ons kennis met Bileam, ‘n waarsêer wat deur die koning van die Moabiete gehuur word om vloeke oor die Israeliete te kom uitspreek. Bileam is iemand wie se hart so vol hebsug is, dat hy enigiets sal doen om goud en silwer te bekom. Ons lees meer oor hom in
Numeri 22. Kom ons kyk bietjie dieper.
More from Hoop Nogtans

JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIE (Psalm 46) ep. 2638
Nov 16, 2026 · 33m
Psalm 46 – JOU DOEN-DIT-SELF GELOOF GAAN JOU NIKS BAAT NIEOns was gewoond daaraan as jy meubels koop, dan gaan kies jy jou meubels by die winkel, jy betaal daarvoor – of jy reël hoe jy dit gaan...

STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE! (Kol. 4:10) ep. 2637
Nov 9, 2026 · 33m
STAP WEG VAN JOU TELEURSTELLING ‘N MOOI TOEKOMS BINNE!“Chuck” Colson iemand wat vinnig opgang gemaak in die Amerikaanse politiek totdat hy een van die magtigste mense in Washington geword het. In 1969...

SPEEL KLAAR MET KOMMER - DIE ENIGSTE EFFEKTIEWE MANIER (Kol. 4:12-13) ep. 2636
Nov 5, 2026 · 25m
Ons assosieer die naam Mark Twain met stories soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn. Mark Twain was ‘n gewilde spreker en het wêreldwyd gereis. ‘n Groep van sy bewonderaars wou hom graag met sy...

AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
Oct 12, 2026 · 44m
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEKIn haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China....

LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Oct 4, 2026 · 39m
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their...

GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Oct 4, 2026 · 26m
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy...
Take these sermons with you.
Follow Hoop Nogtans in the Getsermons app to get every new sermon, build playlists, and pick up right where you left off.